‘n Vrou is in ‘n tragiese fratsongeluk in ‘n gimnasium oorlede toe sy probeer het om ‘n gewig van 180kg op te tel.
‘n Video van die voorval is op kringtelevisie vasgevang.
Die vrou was in ‘n gimnasium in Meksikostad en The Sun berig haar dogter moes staan en toekyk hoe die gewig op die grond val, die vrou vaspen en sy byna dadelik sterf.
Haar dogter ontvang nou sielkundige berading.
Bronne: Sedinews, NY Post, The Mirror



