Die polisie in die Oos-Kaap het Donderdagaand ‘n 28-jarige man in hegtenis geneem op aanklagte van dwelmhandel.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie het reageer op inligting wat hulle ontvang het oor dwelms by die betrokke persoon se huis.
Dwelms ter waarde van R300 000 is gekonfiskeer.
In ‘n tweede voorval het die polisie Vrydag ‘n verdagte persoon in Cottrellstraat in Korsten gesien wat glo sy maag vasgehou het asof hy iets probeer wegsteek.
Kol. Naidu sê die polisie het hom deursoek en glo 237 Mandrax-tablette in sy besit gevind. Dié tablette se straatwaarde is ongeveer R11 850.
Dié verdagte is ook in hegtenis geneem.



