Om skuimpies te bak, is baie makliker as wat mense dink. Dié resep kan sommer met gewone suiker gemaak word as ‘n growwer tekstuur jou nie gaan pla nie. Jy kan ook ‘n druppel of twee rooswater in pleks van vanieljegeursel gebruik.
Bestanddele:
400 g strooisuiker
25 ml asyn
5 ml kremetart
vanielje-essens of rooswater (druppel of twee)
37,5 ml kookwater
knippie sout
3-4 eierwitte
Metode:
Gooi suiker in bak, verkieslik van glas of metaal.
Voeg asyn, kookwater en sout by en meng.
Voeg nou kremetart en eierwitte by en klits tot stywe punte vorm.
Stel oond op 100°C.
Vorm skuimpies op bakplaat wat gespuit in met Spray & Cook.
Sit in die oond en stel af na 80ºC, bak vir 1½ na 2 ure.
Sit oond af en laat afkoel in die oond.
Resep & foto’s: Erna van der Merwe



