Polisiekaptein (49) sterf na skietwond in kop

Deel hierdie storie / Share this story

Polisiekaptein Mario Brand van Okiep in die Noord-Kaap is Saterdag 26 Februarie met ‘n skietwond aan sy kop gevind.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die oorledene is met ‘n skietwond in sy kop in sy motor gevind en is na die hospitaal gejaag vir behandeling. Hy het egter aan sy beserings beswyk.

Gamieldien sê die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.

“Geen vuilspel word vermoed nie en die polisieondersoek duur voort.”

Isaac Cloete berig Brand is onlangs na kaptein bevorder.