‘n Pierneef-sklidery, wat al vier seisoene ten toonstel, is deur die Kotzé-galery in Bloemfontein, aan ‘n inwoner van die stad, vir meer as ‘n miljoen rand verkoop.
Volgens Netwerk24 is die skildery deur ‘n erfgenaam in Mpumalanga, aan die galery oorhandig vir die verkoop daarvan. Die skildery wat teen R1,2-miljoen verkoop is, is ook ‘n eie rekordprys vir die galery.
Volgens Floris Kotzé, eienaar van die Kotzé-galery, was die hele ervaring met dié Pierneef ‘n wonderwerk.
Altesaam vier Bloemfonteiners het in die ry gestaan vir dié kunswerk.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Feesseisoen-operasies stuur honderde verdagtes tronk toe



