Die polisie in die Vrystaat het die strate skoongemaak van kriminele en meer as 589 mense tronk toe gestuur.
Deur ‘n multi-dissiplinêre benadering kon hulle gesteelde goedere herwin en van dwelms ontslae raak.
Hulle het ook tweedehandse winkels en drankafsetpunte besoek om na te gaan of hulle regulasies nakom.
Polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli sê verdagtes sal in verskillende howe vir verskillende aanklagte regoor die provinsie verskyn.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Vrese oor Kernwapen-oorlog groei



