Op 102 speel Oupa Booitjie nog kitaar, sing & is gesond

Deel hierdie storie / Share this story

Op 102-jarige ouderdom is Oupa Booitjie, Beki Booitjie Malefo, nog op en aan die gang.

Sy kleindogter, Regina, vertel die gemeenskap en sy familie is baie trots op hom.

Oupa Booitjie is op Mafikeng gebore. Regina lag toe ons vra hoeveel kinders hy het, en sê hy het baie kinders en baie kleinkinders.

“Hy is nog baie gesond,” vertel sy. “Hy voel soms af, maar hy speel kitaar en sing en geniet dit om tyd saam met sy familie deur te bring.”

Op 20 Februarie is daar groot makietie gehou om sy 102de verjaardag te vier. “Ons het baie lekker ‘geparty’,” vertel Regina. “Ons het gebraai, koek gekoop en lekker sjampanje gedrink.”

Sy sê lede van die kerk, die gemeenskap en natuurlik baie van die familielede en vriende het dié partytjie bygewoon.