Oud-Bloemfonteiner, Jaco Coetzee, het aan Rosestad-nuus se Anna Pauw gesê dat die Russies-Oekraïniese oorlog dalk internasionale geld-instansies die nekslag kan toedien.
Hy staan aan die hoof van ‘n Russiese finansiële organisasie wat vanuit Kaapstad sake doen.
Volgens hom is daar nou weinig opsies om die finansiële risiko vir maatskappye en kliënte te beperk of te beheer.
Coetzee sê die rede hiervoor is dat banke tans gekniehalter is om geld aan hul internasionale filiale uit te betaal.
Hy het gesê talle finansiële instansies kan as gevolg van die huidige oorlog-situasie steier.
Sy maatskappy moniteer en bestuur steeds alle faktore en invloede tot die voordeel van alle rolspelers en belanghebbendes.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Zondo sê Gwede Mantashe moet ondersoek word vir korrupsie



