Jeanette Neveling, die voormalige hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se spesiale handelsmisdaadeenheid in Noordwes, wat daarvan beskuldig word dat sy R3 000 se klere en kos by ’n winkel in Mahikeng gesteel het, se verhoor begin op 6 April.
Henry Mamothame, woordvoerder vir die NVG, sê die landdroshof in Mmabatho het beveel dat die Neveling-verhoor dan begin.
Neveling (53) is in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem in verband met beweerde winkeldiefstal in Woolworths. Sy word daarvan beskuldig dat sy R3 000 se kos en klere by die winkel gesteel het.



