Die regering beplan om nuwe indiensnemingskwotas op buitelandse werkers in te stel.
Die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, waarsku maatskappye ook dat hulle met R100-duisend beboet sal word, sou hulle nie by hul kwotas hou nie.
Die nuwe voorgestelde regeringsbeleid poog om die aantal buitelandse burgers wat by ondernemings werksaam is te beperk.
Die beleidsdokument sal vir 90 dae vir openbare kommentaar beskikbaar wees.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: ‘Dit is neerhalend en rassisties’ – groep wil hê term ‘Kleurling’ moet geskrap word



