Aanklaer onttrek, vertraag Malema-vuurwapenverhoor

Deel hierdie storie / Share this story

Die vuurwapenverhoor teen Julius Malema, EFF-leier, is tot Dinsdag uitgestel nadat die staatsaanklaer aan die saak onttrek het.

Malema het ‘n kort verskyning gemaak met sy medebeskuldigde Adriaan Snyman, wat ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy-eienaar is.

Staatsadvokaat Joel Cesar, wat nou die saak oorgeneem het, het die uitstel gevra en gesê hy moet nog deur die verklarings gaan en met getuies konsulteer.

Malema word daarvan aangekla dat hy ‘n outomatiese geweer afgevuur het by die EFF se vyfde bestaansjaarvieringe by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane in 2018.

Hy staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens, oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer, die onwettige besit van ammunisie en roekelose bedreiging van persone of eiendom.

Bronne: MSN, The Citizen

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Julius Malema is terug in die hof