Die departement van energie het ‘n groot styging in die koste van petrol vir vandeesmaand bevestig. Hierdie nuwe pryse sal vanaf Woensdag 2 Maart van krag wees.
95 Loodvry sal met R1,46 per liter toeneem, wat die nuwe koste aan die kus op R20,88 en R21,60 binneland per liter te staan bring, terwyl 93 loodvry nou teen R21 ‘n liter sal verkoop.
Diesel het met omtrent dieselfde styging in prys toegeneem, met tussen R1,44 (500 dpm) en R1,48 (50 dpm).
Bronne: MSN, The World News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Julius Malema is terug in die hof



