Nathi Mthetwa, minister van sport, kuns en kultuur, moet bevestig of sy departement die dienste van Indingliz Advertising and Marketing vir welstanddienste gekontrakteer het.
Tsepo Mhlongo, DA-skaduminister van sport, kuns en kultuur, sê die advertensie- en bemarkingsfirma het ‘n welstandstender deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur ontvang om “‘n omvattende welstandintervensieprogram vir die Suid-Afrikaanse kultuur en kreatiewe praktisyns” te verskaf.
Die tender, wat op ‘n verbysterende R14,9 miljoen gewaardeer is, is in 2020 aan Indingliz toegeken.
Die maatskappy het ontken dat hy ‘n kontrak met die departement gesluit het in 2020, maar daar is geen amptelike woord van die departement self of die program ingestel is of of geld aan die advertensiefirma betaal is.
Daar is tans geen bewyse om die maatskappy se aktiwiteite gedurende hierdie tydperk te ondersteun en of hulle enige vordering gemaak het in die verskaffing van welstanddienste aan kunstenaars nie.
Die werklikheid is dat die Departement van Sport, Kuns en Kultuur geen nodigheid gehad het om die verskaffing van welstanddienste aan ‘n korporasie met geen vorige ondervinding in die veld toe te vertrou nie, voer Mhlongo aan.
“Die kuns- en kultuursektor is erg deur Covid-19 geraak. Dit het die uitdagings wat kunstenaars op ‘n daaglikse basis in die gesig staar, verskerp, wat almal ‘n beduidende impak op hul geestesgesondheid gehad het.
“Alhoewel ‘n diens gewy aan die welsyn van kunstenaars aanneemlik is, moes die verskaffing daarvan nooit aan ‘n maatskappy toevertrou gewees het met geen vorige ondervinding in sake wat verband hou met geestelike welstand nie. Dit is nie net ‘n vermorsing van belastingbetalersgeld nie, maar dit is ook ‘n klap in die gesig van kunstenaars wat die welstandsaanbieding kon gebruik het om hulle te help om geestesgesondheidskwessies wat deur Covid-19 vererger word, te oorkom.”



