Engeland het ‘n begeesterde terugvegpoging deur Wallis in die tweede helfte afgeweer om Saterdagaand in ‘n opwindende Sesnasies-stryd op Twickenham te seëvier.
Marcus Smit, die jong losskakel, het sy rekord-toetspunte-telling met 18 geëwenaar deur al sy punte met die skoen aan te teken. Eddie Jones se span het hul skraal titelhoop lewend gehou het met ‘n hardgevegte oorwinning van 23-19.
Engeland het met halftyd 12-0 voorgeloop.
Alex Dombrandt het met n tikkie opportunistiese speelwerk ‘n drie in die tweede helfte gedruk om die telling 17-0 te maak.
Wallis het daarna uitstekend teruggeveg. Josh Adams en Nick Tompkins het albei drieë behaal in die tweede helfte, terwyl Kieran Hardy se laat poging ‘n dramatiese afronding bewerkstellig het.
Dit het in ‘n staduim gelyk asof Wallis wel die oorhand kon kry met die klok wat reeds die laaste minuut aangedui het.
Engeland kon daarin slaag om Wallis weg te hou van hulle doellyn en het sodoende sy kans op ‘n titel vir die 2022-aanslag lewend gehou.
Bron: Daily Mail, Wales Online



