Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se gedeeltelike privatisering is goed op dreef nadat die ooreenkoms tussen die staat en die konsortium Takatso onderteken is.
Die kabinet het die ondertekening gister in ʼn verklaring bevestig.
Luidens die verklaring het Takatso en die Departement van Openbare Ondernemings nou amptelik die ooreenkoms vir die verkoop van 51% van die staat se belang in SAL onderteken.
Die departement se woordvoerder, Richard Mantu, sê die transaksie is egter nou nog onderhewig aan goedkeuring deur die Mededingingskommissie.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.



