Albei bene en al tien vingers van ’n 19-jarige student is geamputeer nadat hy oorskiet uit sy yskas geëet het wat volgens dokters ’n potensieel dodelike siekte veroorsaak het.
Volgens The New England Journal of Medicine moes die man in die pediatriese intensiewesorgeenheid van ’n hospitaal in Massachusetts, die Verenigde State (VSA) opgeneem word nadat hy siek begin voel het.
Die tiener, wat net as “JC” geïdentifiseer is, het buikpyn en naarheid begin ervaar nadat hy rys, hoender en lo mein, ‘n noedelgereg, geëet het wat die vorige dag by ‘n restaurant gekoop is.
Volgens die berig het JC het begin opgooi en koue rillings, algemene swakheid, borspyn, kortasem, nekstyfheid en dowwe visie ervaar.
‘n Vriend wat JC hospitaal toe geneem het en ook van die noedels geëet het, het vir dokters gesê dat hy ook opgegooi het, maar nie so erg siek geword het nie.
Dokters het JC se mediese geskiedenis verder te bestudeer om vas te stel presies hoe hy sy simptome van sy vriend s’n verskil het.
JC se vel het net voor sy opname in die hospitaal pers geword en hy het ‘n erge hoë temperatuur ontwikkel, ‘n polsslag van 166 slae per minuut gehad en moes verdoof word.
Hy het ook bloedklonte en nierversaking opgedoen. Toetse sou later onthul dat sy bloed die bakterie Neisseria meningitidis bevat het.
“Wanneer bakterieë in die bloed teenwoordig is, verwyd die hele liggaam se bloedvate, wat die bloeddruk laat val, wat verhoed dat suurstof in die organe inkom,” het ‘n dokter verduidelik.
Dokters sê terwyl JC se toestand verbeter het, het die weefsel aan sy vingers gangreen ontwikkel, asook sy bene tot by sy voete.
Dit het hulle met geen ander keuse gelaat as om dele van al 10 vingers en sy bene onder sy knieë te amputeer nie.
Bronne: MSN, The World News
Volg FiND iT hier.



