Vleissous
Braai 500 g maalvleis in ‘n bietjie olie
Voeg by:
2 gekapte uie
1 t fyngekapte knoffel
knippie sout
2 e tamatiepasta
kruie (oreganum, tiemie, pietersielie) na smaak
1 k kookwater met 1 blokkie beesvleisaftreksel daarin opgelos
Kook vir ‘n halfuur tot deurgaar of langer. Die vleismengsel moet lekker souserig wees.
Witsous:
1 l melk
2 e botter
knippie sout
150 ml koekmeel
gerasperde kaas
Metode:
Smelt botter.
Voeg meel en sout geleidelik by terwyl jy roer.
Voeg melk geleidelik by, hou aan roer.
Roer oor matige hitte tot witsous dik en gaar is.
Pak eerste laag lasagnevelle in bak.
Skep die maalvleissous bo-op die lasagnevelle, pak nog ‘n laag van die lasagnevelle en skep dan weer van die maalvleissous bo-op en dan die witsous, pak weer ‘n laag lasagnevelle, hou so aan tot alles opgebruik is. Eindig met witsous. Strooi gerasperde kaas bo-oor.
Bak vir 40-60 minute in oond op 180°C.




