Twee seuns het Sondagmiddag in die Swartskopsrivier in Kariega verdrink.
Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê polisieduikers in Gqeberha het Dinsdag die twee seuns se liggame in die rivier gekry.
“‘n Groep van ses seuns het Sondag in die Swartskopsrivier naby Taylorstraat in Kariega gaan swem,” sê kapt. Swart. “Die groep het probeer om oor die rivier te swem toe twee van die seuns in die middel van die rivier moeg geraak het.”
Een van die vriende het teruggeswem om die twee seuns te help, maar hulle het onder die water verdwyn.
Jerome Cowie (11) en Corné Boesak (12) se liggame is Dinsdagoggend gekry.
Die polisie is besig met ‘n ondersoek.
Volg FiND iT hier op Facebook.



