Iqbal Survé het ’n verdere terugslag beleef met Nedbank wat as deel van die vier groot banke ook hulle betrokkenheid by Die Sekunjalo Groep onttrek het.
AmaBhungane, die ondersoekende nuusagentskap, berig, Sekonjalo Holdings Pty Ltd het op 15 November 2021 kennis van Nedbank ontvang, meer as ‘n jaar nadat Absa, laat in 2020, die eerste groot Suid-Afrikaanse bank geword het wat bande met Iqbal Survé en sy identiteite verbreek het.
FNB het dit in Maart 2021 gevolg, maar die ware omvang van Survé se bankprobleme het nou eers duidelik geword weens sy mislukte poging om die sluiting van Nedbank se rekeninge te opponeer. Die aansoek is verlede week in die Wes-Kaapse hooggeregshof van die hand gewys.
Survé se aansoeke teen Absa en FNB was ook nie suksesvol nie.
Luidens hofstukke het Investec Sekunjalo-rekeninge in April 2021 begin sluit. In Mei het Mercantile Bank sowel as Sasfin sy voorbeeld gevolg.
Die eerste van die Nedbank-sluitings het Dinsdag in werking getree, terwyl ander tussen nou en Mei sal inskop. Die vooruitsig vir meeste van Survé se private besit sal hieronder ly, maar veral sy groot JSE-genoteerde maatskappy African Equity Empowerment Investments, Premier Fishing en die juweel in die kroon, die kontantvloeiende Ayo Technology Solutions, wat steeds vasklou aan die res van die R4,3 miljard wat onreëlmatig daarin belê is deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) aan die einde van 2017. Die bedrag ter sprake beloop R2,16 miljard.
Luidens ‘n beëdigde verklaring deur Survé het Standard Bank ook al sy Sekunjalo-rekeninge onder oë gehad en maak nie meer nuwe rekeninge vir entiteite in die groep oop nie. Die spreekwoordelike damwal sal dan breek en die vooruitsig van nog rekeninge wat gesluit gaan word, sal volg.



