Volgens ‘n plaaslike goewerneur en staatsmedia is sewe kinders in Nigerië dood in ‘n lugaanval deur die Nigeriese weermag wat “bandiete” teiken. Nog vyf kinders is beseer.
Goewerneur Chaibou Aboubacar het gesê vier is op slag dood en drie is dood op pad hospitaal toe.
Die staats-TV het berig die aanval het in die dorpie Nachade plaasgevind. Nigeriese amptenare het gesê ‘n ondersoek na die voorval het begin.
Bronne: BBC, The Citizen
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Meng Johnson & Johnson met Pfizer-entstowwe vanaf Woensdag



