‘n Wit Lamborghini Gallardo is Saterdagoggend erg beskadig toe ‘n vragmotor op die R102 daarteen gebots het.
Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is omstreeks 11:08 na die toneel uitgeroep.
“Toe die lede op die toneel aankom, was die Lamborghini Gallardo in die regterkantste noodbaan van die pad. Na bewering het die vragmotor langs die sportmotor gery toe hy skielik bane gewissel het en teen die motor gebots het.”
Foto’s: Reaction Unit South Africa, Facebook



Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



