Die legendariese Springbokheld Joost van der Westhuizen, sou vandag sy 51ste verjaarsdag vier.
Van der Westhuizen is in 2017 op die ouderdom van 45 aan motorneuronsiekte dood ná hy vir lank teen die verlammende effek van die siekte geveg het.
Van der Westhuizen was in 1995 deel van die span wat die Wêreldbekertoernooi gewen het.
Hy het ook tot in 2003 in 89 toetse vir SA uitgedraf.



