‘Sy wens is om by die huis te sterf’

Deel hierdie storie / Share this story

“Die dokter het gesê daar is niks meer wat hy vir Kyle kan doen nie. Sy wens is om hy die huis te sterf.”

Só sê Chrisiaan Brits op die gebedsgroep wat sy vir haar man, Kyle, gestig het na hy met synovial sarcoma gediagnoseer is.

Dis ‘n baie skaars tipe kanker, maar ‘n baie aggressiewe kanker, wat Kyle in ‘n kwessie van ses maande na fase 4 geneem het.

“Die dokter het gesê ek moet hom gemaklik maak, daar is nie meer veel tyd oor nie.”

In ‘n vorige onderhoud met FiND iT het Chrisiaan vir gebede gevra vir Kyle, wat baie skielik agteruitgegaan het.

Kyle het ses maande gelede ‘n knop onder sy arm gevoel. Hy het dit aanvanklik ignoreer, omdat hy gedink het dis ‘n geswelde klier. Na verskeie besoeke aan die hospitale, ondersoeke, skanderings en lank wag, het dokters hom gediagnoseer.

Lees die vorige berig hier.

Chrisiaan bedank dan almal vir hul gebede in die moeilike tyd.