Grondgrypers in die Vrystaat verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuus is deur Rosestad 100.6FM aan jou gebring.

Die Polisie op Frankfort in die Vrystaat moes gister ingryp om onwettige grondbesetters, wat erwe uitgemerk het op privaatgrond, te verwyder.  Netwerk24 berig William Bulwane, Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer het glo self die opdrag gegee dat hulle verwyder word.  Onluste eenhede van omliggende areas is op die toneel en die situasie word gemonitor.  Volgens ‘n woordvoerder van die DA is onverantwoordelike raadslede verantwoordelik vir die aanhitsing van inwoners.  Joep Marais, ‘n inwoner op die dorp beweer dat die EFF agter die grondgrype sit.  Die EFF se woorvoerder kon nie bereik word vir kommentaar nie.

Grondgrypers in die Vrystaat verwyder