DA in Mangaung ontevrede oor afskryf van staatskuld

Deel hierdie storie / Share this story

Die DA  in Mangaung het sterk kapsie gemaak teen die kragverspreider, Centlec, se plan om R600 miljoen rand se skuld, wat deur staatsdepartemente geskuld word, af te skryf. 

Netwerk24 berig dat die DA ook die saak na die ouditeur-generaal verwys om uit te vind of dit toelaatbaar is.

Volgens die DA se Mokgadi Kganaka is daar geen rekenpligtige rede of wetgewing wat die afskryf van hierdie skuld regverdig nie. 

Sy sê gewone landsburgers moet krag spaarsamig gebruik terwyl staatsdepartemente en hul vriende en familie gratis elektrisiteit kry, want dit word afgeskryf. 

Eskom het intussen gisteraand gevra dat krag spaarsaam gebruik moet word omdat die netwerk onder druk is.  

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: SASCO en EFF Studenteraad beskuldig UV van diskriminasie