KYK: Voëls val dood uit die lug uit

Deel hierdie storie / Share this story

Na wat berig word, ondersoek natuurlewekenners die geheimsinnige dood van honderde voëls wat uit die lug in ‘n straat in Mexico geval het.

Die voorval het glo op Maandag 7 Februarie 2022 plaasgevind.

Die voëls, wat geïdentifiseer is as yellow-headed blackbirds, is ontdek waar hulle leweloos oor die sypaadjies gestrooi gelê het.

Natuurlewekenners reken dit was heel waarskynlik die bewegings van ‘n roofvoël wat veroorsaak het dat die voëls na hul dood gestort het. Hierdie voëls het glo in Mexiko oorwinter nadat hulle uit Kanada migreer het.

Bronne: MSN, The World News, Twitter

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Prins Andrew: Hoe gaan hy Virginia Giuffre betaal?