Die UV se inentingsbeleid is geldig na dringende aansoek nie slaag nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die dringende aansoek deur Free State for Choice om ‘n interdik teen die Universiteit van die Vrystaat se inentingsbeleid te verkry is Vrydag van die hofrol in die Bloemfonteinse hooggeregshof verwyder.

Volgens Netwerk24 is Free State for Choice verlof gegee om die adjunk-regterpresident van die Vrystaat, Nobulawo Martha Mbhele, te nader om ‘n vroeër datum te kry vir die saak om op ‘n nie-dringende grondslag verhoor te word.

Die hof sê die dringende aansoek het ‘n gebrek aan dringendheid. Die UV se inentingsbeleid sal intussen geld.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: ‘n Plaasaanvaller in die Vrystaat is tot 23 jaar gevangenisstraf opgelê