Die Organisasie teen Belastingmisbruik vra vir spoedige vervolging van staatskapers

Deel hierdie storie / Share this story

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) sê president Cyril Ramaphosa se staatsrede verlede week het baie uitstekende stellings en idees bevat.

Die toespraak sal egter aansienlike hulpbronne neem om te implementeer. OUTA sê staatskaping moet aangespreek word, en vinnig. 

OUTA se hoof- uitvoerende beampte, Wayne Duvenhage, sê Suid-Afrikaners kan nie belowe word dat diegene wat in staatskaping geïmpliseer word, vervolg sal word en dan neem die proses jare om te voltooi nie.

Duvenhage sê vervolging moet vinnig geskied.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Die UV se inentingsbeleid is gelding na dringende aansoek nie slaag nie