Die DA het sy kommer uitgespreek oor die jongste wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwys en planne om staatskole te sentraliseer.
Die party sê in ‘n verklaring hy glo die wetsontwerp is daarop gemik om ouers en kinders sogenaamd “omver te werp” deur skoolbeheerliggame onregmatig van hul magte te ontneem, soos besluite oor toelating- en taalbeleid.
Die DA sê die wetsontwerp versterk verder die magte van ANC-kaders om skole saam te smelt en sulke skole te hernoem.
Dr. Dirk Hermann van Solidariteit sê die wysigingswetsontwerp is niks anders as die kaping van staatskole nie.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Die Organisasie teen Belastingmisbruik vra vir spoedige vervolging van staatskapers



