Jan Kempdorp – boer se liggaam in studeerkamer gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n boer van Jan Kempdorp is gister omstreeks 19:45 deur lede van ‘n plaaslike veiligheidstruktuur gekry.

Die liggaam van Ernst Human (86) is in sy studeerkamer ontdek met sy hande en voete vasgebind. Hy het veelvuldige beserings gehad.

Die lede het gaan ondersoek instel nadat hulle nie van die boer gehoor het nie en hy taamlik stil op die plaaslike groepe was. Iemand het onraad vermoed en gaan ondersoek instel. Dit is onduidelik wanneer die aanval en moord plaasgevind het.

Nadat die moord bevestig is, het rolspelers gereageer om te gaan help. Die toneel is afgebaken en polisie het die toneel ondersoek.  In dié stadium is dit onduidelik hoeveel aanvallers, indien enige, betrokke was en word alle leidrade opgevolg. Geen arrestasies is nog gedoen nie, maar die SAP het bevestig dat ‘n 46-jarige vrou tans ondervra word.

Lt. kol. Sergio Kock het die voorval bevestig en die gemeenskap wat enigiets van die voorval weet, gevra om met sers. Stefaans Mangate by 0609636397 van die SAP in kontak te kom.