Volgens die polisie het ‘n man van Oregon sy eie lewe geneem nadat hy per ongeluk sy broer geskiet het. Dit het gebeur nadat hy ‘n geweer gelaai het om op ‘n beer te skiet wat op hul eiendom was.
Die man het 911 gebel om die tragedie aan te meld, maar het homself toe geskiet voordat die polisie daar aangekom het.
Nie een van die mans wat by die ongeluk betrokke was, is nog geïdentifiseer nie.
Volgens die Josephine County Sheriff’s Office het die 911-inbeller gesê hy het sy wapen gelaai met die doel om op die beer te skiet.
Toe die polisie by die huis kom, het hulle albei mans dood gevind, elk met ‘n enkele skietwond.
Die saak word tans deur die balju se kantoor en Oregon-staatspolisie ondersoek.
Bronne: BBC, Yahoo
Volg FiND iT hier.



