Geen bewys van inenting by Oscars vereis nie

Deel hierdie storie / Share this story

Daar sal nie van deelnemers aan die 94ste jaarlikse Akademie-toekennings vereis word om bewys te lewer van hul Covid-19-inentingstatus nie. Hulle sal volgens verslae slegs ‘n negatiewe toetsuitslag moet lewer.

Volgens die verslae voldoen die vereistes wat deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gestel word aan die Los Angeles Departement van Gesondheid se nuutste mandate.

Ander toekenningsprogramme handhaaf steeds ‘n verbod op ongeënte deelnemers.

Die Akademie het glo inentingsvereistes vir sy werknemers in plek. Vanjaar se Oscars word op 27 Maart by die Dolby-teater in Hollywood gehou.

Streng Covid-19-toetsregulasies is ingestel vir verlede jaar se seremonie, wat by die Union Station in Los Angeles gehou is.

Bronne: Business Insider, New York Post

Volg FiND iT hier.

Lees ook: EFF-studente dreig om nie klasse by SUT by te woon nie