Bloemwater skenk Jojo-tenks vir huishoudings in Mangaung en Xhariep

Deel hierdie storie / Share this story

Bloemwater het Woensdag 85 Jojo-tenks aan huishoudings en boere in die Mangaung- en Xhariep-distrik geskenk.

Volgens Bernard Phitsane, voorsitter van die Bloemwater-raad, wil Bloemwater met dié tenks sy maatskaplike verantwoordelikheid nakom.

Bloemwater sê dié tenks kan gebruik word om reënwater op te gaar wat weer gebruik kan word vir groentetuine en hoenderboerderye en in noodgevalle kan die inwoners dit self gebruik nadat dit gekook is.

Netwerk24 berig Phitsane het verder gesê ons het goeie reën die afgelope tyd beleef, maar dat daar weer droogte kom.

Dié berig word aan jou gebring deur Rosestad 100.6FM.