ERMELO. – Die polisie het drie mans in hegtenis geneem wat na bewering ‘n huiseienaar met ‘n geweer voor sy vyfjarige kleinkind aangehou het.
Die man is met ‘n warm strykyster gemartel en die huis is geplunder.
Brigadier Selvy Mohlala, Mpumalanga-woordvoerder, sê die 47-jarige man was besig om die hek by sy woning in Ermelo oop te maak om sy kleinkind skool toe te neem toe drie gewapende mans skielik op die toneel verskyn het.
“Hulle het hom en vier ander mense, wat buite die hek was, insluitend die kind, met ‘n vuurwapen aangehou. Daar word gesê dat die verdagtes die man teruggedwing het na die huis waar kontant geëis is. Hierdie mans het toe die slagoffer gemartel deur hom met ‘n yster te brand. Goed is uit die huis gesteel,” het Mohlala gesê.
Volgens Mohlala het die kind nie die marteling aanskou nie omdat die gesin in ‘n slaapkamer toegesluit was.
Lees meer hier.



