Professor Parker Crutchfield, ‘n professor in filosofie van die Universiteit van Wes-Michigan, het onlangs voorgestel dat mense ‘n pil neem om “pro-sosiale” gedrag te bevorder om Covid-19 beter te beveg.
MindMatters berig hy voer aan Amerika is nie toegerus vir die stryd teen die siekte nie, aangesien almal nie saamwerk nie.
“Baie vestig eerder hul hoop op die vinnige ontwikkeling en verspreiding van ‘n verbetering van die immuunstelsel – ‘n entstof. Maar ek glo die samelewing kan beter daaraan toe wees, beide op die kort termyn sowel as die lang, deur nie die liggaam se vermoë om siektes te beveg nie, maar die brein se vermoë om met ander saam te werk, te versterk. Wat as navorsers ‘n morele versterker eerder as ‘n immuniteitsversterker ontwikkel en gelewer het?”
Hy sê volgens The Coversation die regering dwing die inenting op almal af, maar dat die weermag lankal “verbeterings” soos entstowwe op soldate afdwing.
“Die scenario waarin die regering ‘n moraliteitsversterker op almal afdwing, is vergesog. Maar ‘n strategie soos hierdie kan ‘n uitweg wees uit hierdie pandemie, ‘n toekomstige uitbraak of die lyding wat met klimaatsverandering verband hou. Daarom behoort ons nou daaraan te dink.”
Wat dink jy? Is dit ‘n goeie idee of is dit mal?



