Boekverbranding oor ‘demoniese’ invloed

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pastoor in Amerka het ‘n Harry Potter-boekverbranding gelei omdat dit “demoniese invloede” is.

Pastoor Greg Locke het die geleentheid, wat gehou is om “heksery” aan die kaak te stel, op sy Facebookblad uitgesaai en mense gewaarsku as hulle wil hê hy moet soos Jesus preek, dan moet hulle nie vir hom kwaad word nie.

“So as mense dan op die grond val en skuim om hulle monde kry en duiwels begin uit hulle uitkom in die naam van God, dan moet jy na die Byvel verwys. Jesus het onortodokse goed gedoen!”

Locke het sy volgelinge aangemoedig om hulle Harry Potter- en Twilight-kopieë in ‘n vreugdevuur te gooi. Die geleentheid is die “Demonic Showdown” genoem en die boeke is “teruggegooi hel toe waar dit hoort”.

Die boeke is in ‘n massiewe vuur gegooi terwyl ramshorings geblaas is en mense gejuig het.

“Mense kan maar lag. Dis 100% heksery. Al julle Twilight-boeke en flieks. Daardie gemors is vol towerspreuke, demonisme, vormverandering en die okkulte.”