Suid-Afrika het nog geen planne om maskers nie-verpligtend te maak nie.
Joe Phaahla, minister van gesondheid, sê die regering se beperkings word hoofsaaklik deur kundiges beslis en Suid-Afrika is nog nie aangeraai om dié roete te volg nie.
“Daar is verskillende benaderings in verskillende lande – daar is steeds ‘n aantal lande waar maskers nog as noodsaaklik beskou word om die Covid-19-infeksies te beheer.
“Ons gaan uit ervarings elders moet leer – maar ons het nog nie daardie stadium bereik nie. Of ons oor ’n maand of twee op hierdie stadium is, kan ek nie sê nie.”
Hy het bygevoeg dat die kwessie vorentoe bespreek sal word op grond van die sukses van sulke beleide in ander lande.



