Koningin Elizabeth II het tydens haar Platinum Jubilee-vieringe ‘n spesiale aankondiging gemaak dat Camilla, hertogin van Cornwall, as Koningin Camilla bekend sal staan sodra Charles koning word.
“En wanneer die tyd daar is en my seun Charles koning word, weet ek julle sal hom en sy vrou Camilla dieselfde ondersteuning gee as wat julle my gegee het. Dit is my opregte wens dat Camilla, wanneer daardie tyd aanbreek, as die gemalin van die koning bekend sal staan, terwyl sy haar eie lojale diens voortsit,” het koningin Eilizabeth II in ‘n verklaring gesê.
Sondag was dit presies 70 jaar sedert koningin Elizabeth die eerste keer die troon bestyg het. Sy was toe net 25 jaar oud.
Bronne: MSN, Headtopics
Volg FiND iT hier.



