Carnaval City mag weer oopmaak na brand

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Carnival City het gesê die owerhede het toestemming gegee dat die Gautengse casino heropen nadat sy hoofingang deur ‘n brand verwoes is.

Die presiese oorsaak van die brand wat Saterdagaand uitgebreek het, moet nog vasgestel word, maar Carnival City het gesê dit is nie deur ‘n opsetlike of kwaadwillige daad veroorsaak nie.

Carnival City het alle gaste ontruim en die brand is na ongeveer 15 minute ten volle geblus en het nie na die binnekant van die gebou versprei nie.

Die stad van Ekurhuleni se nooddienste het gesê die brand is vermoedelik deur ‘n elektriese kortsluiting veroorsaak.