Nic Berry is die week vereer Roger Vanderfield FedEx-skeidsregter van die jaar-toekenning vir 2021. Die Skeidsregter van die Jaar, aangewys ter ere van Roger Vanderfield AO OBE, word gekies uit Australiese Rugby se nasionale skeidsregters as die persoon wat die hoogste standaard van amptenare deur die jaar toon en as ‘n rolmodel vir die spel beskou word.
Berry, wat voorheen die toekenning in 2019 gewen het, het weer die prys ingepalm na ‘n uitnememde 2021seisoen. Barry was deel van n gros skeidsregters wat na die AU Superrugby en Superrugby Trans-Tasman toernooie met die fluitjie diens gedoen het.
Berry sal in Suid-afrika onthou word as die man wat Rassie Erasmus, Direkteur van Springbok rugby en sy duisende ondersteuners die harnas ingejaag het met sy swak hantering van die eerste toets tussen Die Britse Leeus en die Bokke. Barry het ook in beide die Julie- en Oktober-toetsvensters opgetree het.
Australiese beamptes het byna ‘n kwart van die aangestelde beamptes tydens die Julie-toetsvenster uitgemaak. Damon Murphy, Nic Berry en Angus Gardner het beheer van vyf wedstryde geneem, terwyl Graham Cooper, Jordan Way en Amy Perrett ook as assistent-skeidsregters opgetree het.
Andy Marinos, uitvoerende hoof van Rugby Australië, het Barry geprys vir sy uitsonderlike prestasie.
“Om vir hierdie toekenning oorweeg te word, moet jy die hoogste standaard van amptenare demonstreer asook ‘n rolmodel binne ons spel wees en hierdie beskrywing is ‘n voorbeeld van Nic in elke aspek van sy loopbaan”, het Marinos beaam.
Berry se erkenning is deel van ’n weeklange viering van die Rugby Australië-toekennings wat sal uitloop op die 2021 John Eales-medalje wat Sondagoggend (AEDT) aangekondig word.



