Verdagtes gesoek na gewapende roof by poskantoor

Deel hierdie storie / Share this story

Drie gewapende verdagtes wat polisiemaskers gedra het, het ‘n bestuurder, twee personeellede en ‘n sekuriteitswag vanoggend by ‘n poskantoor beroof.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ‘n wit Toyota Camry met ‘n Botswana-nommerplaat het van die toneel af weggejaag.

Vanoggend om 07:45 is die bestuurder, personeellede en sekuriteitswag na die agterkant van die poskantoor se perseel gedwing, sê kapt. Thakeng.

“Daar is wapens op hulle gerig en hulle is vasgemaak. Die bestuurder is gedwing om die kluis oop te maak en die rowers het ‘n onbekende som geld gesteel.”

Die polisie ondersoek nou ‘n saak van gewapende roof.