Daar sal op Vrydag 4 Februarie ‘n gedenkdiens vir die oorlede oud-leerling aan Oranje Meisieskool, Marizanne Strydom, plaasvind.
Marizanne is op 13 Januarie vanjaar in ‘n ongeluk op pad terug na die dorp van die plaas oorlede.
Marizanne was besig om te studeer om ‘n veearts te word en sou in 2022 haar derde jaar begin.
Prof. Dietmar Holm, adjunk-dekaan by die fakulteit in Onderstepoort waar sy studeer het, het gesê Marizanne, wat oorspronklik van Vrede is, was ‘n top- akademiese student wat passievol was oor die fakulteit en diere. “En sy kon nie ophou om haar entoesiasme oor die wonderlike ontdekkings wat sy tydens haar studies gemaak het, te deel nie.”
“Sy sal veeeslik gemis word deur studente en personeel by die fakulteit. Ons gedagtes en gebede is by haar ouers, suster en ander familielede.”
Haar gedenkdiens vind om 12:15 in die ML Spies-saal plaas en sal hier uitgesaai word.



