‘Mighty Ducks’-ster Shaun Weiss vier twee jaar skoon

Deel hierdie storie / Share this story

“The Mighty Ducks”-ster Shaun Weiss het verlede week nog ‘n mylpaal bereik in sy pad na herstel na sy metamfetamien-verslawing.

Drew Gallagher, een van sy naaste vriende, het op Instagram ‘n plasing gedeel waarin hy sê hoe trots hy op Weiss is dat hy so toegewyd is aan sy herstel, met twee foto’s van hoe die 43-jarige akteur in 2020 gelyk het en hoe hy vandag lyk.

Die voormalige kinderakteur lyk skraal en deurmekaar in die eerste foto, en in die tweede foto is hy duidelik gesonder.

Weiss het self die foto’s op sy Instagram-profiel gedeel, saam met ‘n boodskap aan ander wat dalk ook met verslawing sukkel.

“Die reis van ‘n duisend myl begin met twaalf ongelooflike stappe,” het hy geskryf. Hy verwys na die 12-stap herstelproses.

Weiss het in Januarie 2021, toe hy die een jaar-mylpaal bereik het, sy tande laat oordoen by dr. Gabe Rosenthal. Rosenthal het aan Page Six gesê dat hy die behandeling gratis vir Weiss doen, omdat sy verslawing sy glimlag vernietig het. Die proses kos gewoonlik ongeveer R1,2 miljoen.

Voor sy herstelpad begin het, is Weiss in Januarie 2020 in hegtenis geneem omdat hy, terwyl hy hoog was, by ‘n man se huis ingebreek het.

Weiss is ook vroeër gearresteer vir openbare dronkenskap en sy tronkfoto het skokgolwe op die internet veroorsaak. ‘n Jaar vantevore is hy tot 90 dae gevonnis vir die besit van dwelms en omdat hy 151$ (R2 300) se elektronika by ‘n winkel gesteel het.

Lees ook: Egpaar pleeg saam selfdood, maak troeteldiere ook dood

Volg FiND iT hier op Facebook.