Heerlike aarbeikoek

Deel hierdie storie / Share this story

Marlene Schoeman, kookboekskrywer in die Vrystaat, deel met ons ‘n heerlike resep vir aarbeikoek.

Bestanddele:

1 k sagte margarien
2 k suiker
2 eiers
2 t suurlemoensap
1 t vanieljegeursel
2½ k koekmeel
2 e aarbeijellie-poeier
½ t bakpoeier
¼ t sout
½ k melk
½ k karringmelk
2/3 k vars fyngemaakte aarbeie

Metode:

Verroom suiker en margarien in groot mengbak. Meng meel, jelliepoeier, bakpoeier en sout in aparte bak.
Meng melk en karringmelk in beker.
Voeg droë bestandele en melkmengsel bietjie vir bietjie by margarienmengsel.
Bak in gesmeerde panne by 180 grade vir 27 – 30 min., toets vir gaar. Laat afkoel en keer uit op draadrakke.
Tussen die lagies smeer karamel, geklitste room en vars gesnyde aarbeie. Vir die soettand kan gebreekte stukkies merinque ook tussen lagies geplaas word.
Plaas weer dieselfde bo-op koek en sprinkel liggies met droë versiersuiker.