Anja Barnard se gebakte blomkoolgereg is ideeal as jy op die Keto-dieet is.
Bestanddele:
1 x groot kop blomkool (± 6 koppies)
6-8 repies spek (opgesny & gebraai)
6 eetlepels gekapte grasuie (“chives”)
½ koppie mayonnaise
½ koppie suurroom
2 koppies gerasperde cheddarkaas
250 g gekapte sampioene (gebraai)
Metode:
Voorverhit oond tot 180 grade C.
Kook blomkool in water vir 8 – 10 minute, dreineer en laat afkoel.
Voeg saam in groot mengbak: suurroom, mayonnaise, helfte van die spek, 3 eetlepels grasuie, 1 koppie kaas, sampioene en blomkool
Meng dit goed saam.
Plaas in ‘n oondvaste bak.
Bedek met die res van die kaas en spek.
Bak vir 15 – 20 minute.
Strooi oorblywende grasuie oor die gebak.
Bedien warm.




