‘n Belhar-gesin verkeer in skok nadat ’n jong pa wat sy eie vervoeronderneming bestuur het, dood in sy motor gevind is.
Die Daily Voice SA berig Tristan Phillips (25) het Vrydagaand omstreeks 18:00 ‘n oproep van ‘n kliënt ontvang, en toe hy nie terugkeer huis toe nie, het sy familie bekommerd geraak. Hy is dood in sy Mazda 5 by die Swartklip-pad naby Lentegeur, Mitchells Plain, in sy motor gevind. Die motor se enjin het nog geluier.
Bron: Daily Voice SA



