Binnelandse sake is weer in die soeklig, nadat wat beweer word bedrieglike dokumente vir dié departement in ‘n Johannesburgse middestadwoonstel ontdek is.
Power News berig dokumente, insluitend ID’s, geboortesertifikate, paspoorte, visums en vorms van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid is onder meer gevind in een van die geboue, genaamd die Vuselela Place, wat deur die City-eiendomsgroep besit word.
Dít nadat ’n fluitjieblaser Power News in kennis gestel het van honderde dokumente en toerusting wat in een van die stoorkamers in die gebou toegesluit is.
Kyk die video hier:
WATCH: Fraudulent home affairs documents discovered in one of the Johannesburg CBD flats.https://t.co/Yp8ZSX7o28. pic.twitter.com/iiZBHvW39t
— POWER987News (@POWER987News) January 31, 2022
Dit is dokumente wat slegs by binnelandse sake-kantore uitgereik kan word soos ID’s, werkspermitte, geboortesertifikate en aansoeke vir maatskaplike sekerheidstoelae.
Bewerings is dat buitelandse burgers groot bedrae geld betaal aan ‘n persoon wat by binnelandse sake werk, om dié dokumente uit te reik.
FiND iT het navrae aan binnelandse sake gerig en wag vir terugvoer.
Bron: Power News



