Hou jy van feite? Een manier om die lewe meer vervullend en opwindend te maak, is om bloot ’n oop gemoed te hê. ’n Met ‘n lewenslange nuuskierigheid en ’n onblusbare dors na kennis kan jy jouself herhaaldelik herontdek. Daar is immers altyd iets nuuts wat jy kan leer.
Hier is paar interessante feite van rondom die wêreld:
- In 1963 is 2 000 jaar oue sade in ‘n antieke kruik in Israel ontdek. Dit is toe in 2005 geplant en ‘n boom wat al byna 1 800 jaar uitgesterf het, het uitgespruit.
- By ’n mariene soogdier-instituut in Mississippi word die dolfyne opgelei om enige rommel wat in hul swembad val aan afrigters te gee (wat hulle met vis beloon). Een dolfyn het stukke papier onder ’n rots begin wegsteek en stukke afgeskeur om meer vis te kry.
- Pouw-spinnekoppe dra soms waterdruppels as hoed om potensiële maats te beïndruk.
- Baba-olifante suig hul slurpe net soos menslike babas hul duime suig.
- In 1849 het die Amerikaner Henry Brown, wat in slawerny vasgevang was, homself in ’n boks gepak en homself gepos na ’n staat waar slawerny onwettig was. Hy was ‘n vry man toe hy uitgestap het.
- David Letterman, wat ‘n C-leerling op skool was, het ‘n beurs vir die “gemiddelde student” geskep. Hy het gevoel dit gaan nie net oor grade nie en dat sommige studente op ander maniere uitsonderlik is.
- ’n Identiese tweeling wat by geboorte geskei en in verskillende families aangeneem is, is albei James genoem. Hulle het albei getrou en geskei met vroue met die naam Linda en albei het weer met vroue met die naam Betty getrou. Albei het ’n hond met die naam Toy besit en albei het hul seuns James Allen genoem. Hulle is op ouderdom 39 herenig.
- Noorweë is die eerste land ter wêreld wat ontbossing verbied.



