Bikers sonder broeke het weer hierdie jaar die strate van Pretoria, sonder broeke, ingevaar. Vir sommige mag dit onvanpas wees, maar hierdie beweging is vir ’n goeie doel – om o.a. wildstropery hok te slaan.
Die beweging is vyf jaar gelede deur Skinny van Schalkwyk en haar vriende begin as ’n prettige manier om fondse in te samel en bewusmaking teen wildstropery te bevorder.
Bikers soder broeke neem Pretoria oor
Oor die jare het die geleentheid al hoe meer gegroei en het meer as 200 broeklose motorfietsryers onlangs die strate van Pretoria ingevaar.
Die 2022-fondse is ingesamel vir die Two Oceans-akwarium wat seeskilpaaie rehabiliteer.



