Konvooi vragmotorbestuurders teen die Covid-19 inenting bring verkeer tot stilstand

Deel hierdie storie / Share this story

Vragmotorbestuurders in Kanada maak hulle stemme dik oor Covid-19 entstofmandate in dié land.

Selfs Elon Musk het op Twitter sy steun vir die sogenaamde “vryheidskonvooi” uitgespreek.

“Canadian truckers rule,” het hy in sy tweet gesê – ‘n duidelike ondersteuning vir ‘n konvooi wat wêreldwyd aandag trek.

Die vragmotorbestuurders het gister vanaf die suidweste van Ontario beweeg, wat baie verkeersopeenhopings meegebring het. Sommige is geloof en ander is met minagting behandel.

Mense het vlae geswaai en koffie gedrink, aangesien die konvooi se aankoms vertraag is, deels weens ’n ernstige botsing vroeër die oggend wat die ooswaartse bane van die snelweg naby Tilbury gesluit het.

Die konvooi strek glo oor 70 km, het Benjamin Dichter, woordvoerder van die Freedom Convoy 2022, gesê. “Ek het beeldmateriaal van ‘n vliegtuig gesien. Dit is indrukwekkend.”

Sien ‘n video hier vanuit die lug:

Dit is onduidelik hoeveel vragmotors dit werklik na die Kanadese hoofstad van Ottawa sal maak vir die naweekbetoging, met die konvooi wat vertraag word deur winterweerstoestande in Noord-Ontario.

Die Vryheidskonvooi het Sondag van Vancouver na Ottawa vertrek om teen die federale regering se entstofmandate vir oorgrens-vragmotorbestuurders te protesteer, wat op 15 Januarie in werking getree het.

Die Canadian Trucking Alliance skat dat ongeveer 15% van die vragmotorbestuurders in die land nie ten volle ingeënt is nie, of sowat 16 000 vragmotorbestuurders.

#FreedomConvoyCanada